Welkom!
Hierdie netwerk is daarop gerig om `n sentrale punt te skep waar onderwysers kan koppe bymekaar sit en mekaar help om beter, meer effektiewe opvoeders te wees. Hoe meer interaksie en samewerking tussen opvoeders, hoe beter kan ons progressie en integrasie tussen al die verskillende vakke/ leerareas en fases bevorder! As ons almal saamwerk, sal onderwys in Suid-Afrika verbeter!
Lesplanne© se visie vir die toekoms:
`n Netwerk waar opvoeders (en ander belanghebbendes) van alle vakke, leerareas en fases interaktief kan verkeer...
Taalbeleid: Jy is welkom om deel te neem in Afrikaans, Engels of selfs Nederlands!
Hoe om hierdie netwerk te gebruik:
Registreer. Die netwerk voorsien aan jou `n blad wat jy jou eie kan maak. Op "My blad" kan jy o.a. foto`s laai en e-posse stuur! Eksperimenteer gerus - die opsies is legio!
Sluit aan by `n groep of begin jou eie een! Jy kan d.m.v. `n groep boodskappe aan jou groeplede stuur en inligting uitruil wat net julle kan sien. Jy kan ook boodskappe aan almal op die netwerk stuur, bv. nuttige wenke of `n uitnodiging na `n aktiwiteit by jou skool.
Snuffel rond. Skuif die pyltjie oor die verskillende opskrifte (in geel boaan die blad). Onder elke geel opskrif sal jy onderafdelings in wit sien. Kliek op die onderafdeling wat jy wil bestudeer.
Van die skakels is tans onder konstruksie, maar sal mettertyd weer herverskyn!
In kort:
HOOFBLAD:
Beloer almal se doen en late, lê `n eiertjie of gee raad!
NOOI:
Nooi ander onnies om deel te word van ons netwerk. Begin sommer `n groep vir jou vakspan, kring of OBOS! Hoe meer siele hoe meer vreugde (lesplanne en vraestelle)!
By die afdeling “Skakels” sal jy box.net vind. M.b.v. hierdie webwerf kan julle die hele vakspan se maatplate, lesplanne, vraestelle, ens. op die internet self stoor en van enige plek weer toegang tot die inligting verkry. (Wenk: rekenaars en die internet bly steeds wispelturig, sou hou maar ALTYD êrens backups van ALLES!)
MY BLAD:
Hier is jou spasie op ons netwerk. Verander dit nes jy wil! Onthou om `n foto van jouself te laai!
Jy kan hierdie spasie amper soos `n “blog” gebruik word waar jy jou gedagtes, foto`s, video`s, ens. kan plaas.
(Onthou net: GEEN advertensies (produkte / dienste, ens) mag sonder toestemming van Lesplanne© op enige plek op hierdie netwerk geplaas word nie. Geen kansvatters sal geduld word nie.)
BEPLANNING:
Hier is maatplate en voorbeelde van werkskedules, lesplanne, ens. Gebruik dit gerus! (Laat weet my wat julle dink!)
UGO:
Hier sal jy nuttige intligting vind wat jou sal help om die beginsels van UGO beter te verstaan en te implimenteer, `n woordelys wat jou sal help om die menigte akronieme te ontsyfer, ens.
KALENDER:
Gebeure wat moontlik vir jou van belang mag wees. (Kontak Lesplanne© gerus as jy enige gebeure wil byvoeg.)
MAATPLATE:
Vele nuttige maatplate – van intervensie tot rubrieke!
SKAKELS:
Nuttige webwerwe...
KONTAK ONS
Laat hoor gerus van jou! Lesplanne© verwelkom jou voorstelle met ope arms!! Hoe meer konstruktiewe terugvoer ons kry, hoe beter kan ons die netwerk aanpas om aan jou behoeftes te voorsien.
FORUM
Neem deel aan die gesprek! Sê jou sê, spoel jou mond uit of gee `n pluimpie!
NB. GEEN onvanpaste taalgebruik asseblief...